Marlouise in die movie “Liefling…”
January 11th, 2012
October 21st, 2011
19 Oktober Pretoria Montana – Gratis
22 Oktober Bryanston – Praise and Worship
28 Oktober Vaal Designer of the Year 2011 – Riverside Life style Resort
29 Oktober Pretoria – verjaarsdag
9 November Roodepoort – Kerssangdiens
26 November Secunda oggend
24 November Pretoria oggend
27 November Randfontein – Kersprogram
3 Desember Pretoria – Villa Savannah – Faerie Glen
15 Desember Boksburg – motivering oor dwelms
2012
3 November Kokstad – fees
Vir meer inligting kontak ons gerus.
December 16th, 2010
Hey
almal!!
Ek
weet ek het lanklaas geskryf…. Skuldig….
My
lewe was in so warrelwind die laaste ruk.
Hou
my “Shows” dop, ek sal al die nuwe inligting post soos dit inkom,
daar is ‘n hele nuwe paar goedjies wat ingekom het.
Hou
ook die Rekord koerant dop. Ek het onlangs ‘n onderhou gehad met die koerant,
dit was meer gesels en heerlik om met een van hulle top joraliste te kon
gesels, gevoel of ek die dame jare lank al ken!
Ander
interessante gebeure in my lewe…. Ek swot tans Geestelike Berading… Ja dit
verg baie aandag en tyd, maar ek geniet myself gate uit! Dit is die beste lees
stof nog! Saam met dit is ek ook besig om die Bybel beter te leer ken deur die
Lynwoodrif Bybelskool by te woon, so ek is oorlaai met Bybelse waarhede! Daar
is soveel wonderlike dinge in die Bybel, ek wil jou aanmoedig om jou Bybel op
te tel en nie, soos ons maar maak, bid dat ons ‘n stukkie moet kry en dan die
Bybel laat oopval en dan lees ons “… en hy het gegaan en homself
gehang…” Nee Here ek kan nie dit doen nie…. slaan weer oop…
“… Gaan en doen jy dieselfde…”. Dit is die houding waarmee ons
leef vandag. Doen moeite en LEES die Bybel as te ware deur. Ons kan soveel tyd
soandeer aan koerante en tydskrifte en romane, maar hoeveel tyd spandeer jy werklik
aan jou Skepper?
Hy
het al Sy tyd in jou belê, dink jy nie dat jy ten minste net ‘n uur uit jou dag
belê aan Hom nie….?
Nog
interessante gebeure in my wêreld…
Die
9de Augustus 2011 is National Womens Day. Ek neem deel aan die Totalsport
LadieRace. Nee, ek is nie een van die fikste mense onder die son nie maar ek
het nog bietjie tyd… Gaan kyk op die website van Totalsport.co.za en neem
deel, dit gaan pret wees en gaan vir ‘n goeie doel! Hoop ek kan die dames
aanmoedig….
En
dit is al van my kant af… ek los julle met ‘n gedagte…
Heer,
help my om hierdie tong, vir ore te verruil.
Geseënde
week!!
September 11th, 2010
September 6th, 2010
Tydens 2009 was Marlouise so bevoorreg, om in die Stationêr die Musical te speel as een van die Hoofkarakters.
September 6th, 2010
Gaan loer onder die nuwe bladsy, Video Links en Meer, daar is ‘n paar nuwe links opgesit sodat julle my “live” kan beleef, asook my Musiek Video wat op Youtube is en ook op TV speel!
Geniet dit!